Saturday 29 September 2012

Proe Pretville se ontstaan



-->
Proe Preville is ‘n kookboek vol verrassings wat die inwoners se geheime vasvang wat in die denkbeeldige 50’s dorpie “Pretville” bly.

‘Pretville’ is ‘n nuwe musiekrolprent uit die stal van die vervaardigers van ‘Liefling, die movie’.

Pretville is ‘n klein dorpie in die laat 1950’s en die dorpie lê in die harte van alle Suid-Afrikaners. Hier is alles moontlik en allerhande interesante dinge gebeur… Dis ‘n helder, kleurvolle dorpie met inwoners wat bak en brou, en heerlik prettig saam woon. In sulke dorpies is daar altyd ‘n goeie dosis lekker, sappige skinderstories, party miskien waar en party miskien nie. Ons laat dit aan jou oor.. laat jou verbeelding gaan en vertel die storie verder!

Behalwe vir skinder is daar ook altyd iets lekkers te ete in hierdie dorpie. Elke jaar is daar die Pretville Pruimfees waar die beste pruimtert aangewys word en ouma Sarie se pruimtert wen altyd. Roeda Reguit is nie so ingenome daarmee nie en probeer elke jaar haarself oortref met haar eie verruklike vye tert.

Dan is daar natuurlik oom Frik se fantastiese vingerlik lekker ribbetjies en moenie vergeet van Hennie Hakkel se heerlike skommels nie. Kallie Klawers se kolwyntjies is ’n wenner en Vinnige Frank se vrek lekker burger is voorwaarlik onweerstaanbaar.

Serah Somers se souttert is net so sisselend soos sy! Mevrou Dominee Pistorius wat maar altyd 'n lae profiel handhaaf, 'want wat sal die mense dan sê' se Pastorietert is prettig terwyl Roeda wat weer-eens almal probeer uitoorlê, se asbrood rol op die tong. Grieta gee nie verniet haar gouestroop plaatkoekies weg nie en Theo se paptert en Eddie Elektriek se egte Elektriese rooi warm sous is voorwaar treffers.


Natuurlik ken jy al die inwoners! Maak seker jy sien die fliek, sit terug, baie pret is oppad!

Denkbeeldig of nie, die inwoners se heerlike resepte kon nie verlore gaan nie en is vasgevang in die Proe Pretville kookboek, spesiaal vir jou. Voeg net ‘n titseltjie van jou eie liefde en pret by om ‘n wenner op te toor!