Wednesday 31 October 2012

Die gesoek na die 'regte' outfit...




-->Die gesoek na die regte “outfit”…

Die Pretville Premier is om die draai.. en die tema? 50’s. Hoe dan nou anders.

Ek begin soek. Winkel na winkel loop ek. Aandrokke – nie regtig 50’s nie, maar mens kan seker wegkom as jy ‘n blom of hoed of ding iewers vaswerk. Prys? Ver oor my budget, en ek weier beslis om ‘n plaas se geld te betaal vir ‘n ding wat ek verseker net een keer gaan dra. Ek probeer hulle nie eers aan nie.

Goed, broeke. Lig pienk, lig geel, lig groen… niks regtig “aand” nie. Vir wat het ons nie ‘n tradisie dat die hele familie se klere in ‘n kis vol motbolle gebere word nie? Soos die familie Bybel. Sal baie probleme oplos dis verseker. Dan kan ons ook ‘vintage originals’ en hoog modieus wees!

‘n Plein swart broek sal dit dan wees. Hier kan ek sommer baie verskillende goeters aan vaswerk of vassteek wat hom sommer lekker sal op dollie.

Ok, baadjies. Verwat sit al wat ‘n baadjie is op die breedste deel van jou lyf? Waar is die langer baadjies dan tog?  En dan is die wat net ‘n titsel herinner aan 50’s gemaak met lap wat stok styf staan. Jou arms hang behoorlik soos daai body builders halfmas langs jou lyf. En blink!  EN NOG STEEDS TE KORT! Boonop weereens die prys van ‘n plaas en sommer ‘n trekker ok!

Nee wat, sal maar ‘n  baadjie of ding daar in my kas soek en weereens ‘n blom of ‘n blink ding vasplak of vassteek.

Skoene. Pas toe die eerste paar kleurvolle ‘platforms’ aan. Iewers moet daar darm ‘n “splash of colour” wees sê my kind. Sommer die een op die rak. Size 8. Dog toe o well, ek is eintlik ‘n 6, maar kom ons tri sommer die. Kry nie eens my groot toon in daai skoen in nie. My voet steek soos ‘n steeks donkie vas en besluit daar is nie ‘n manier nie. Maar ek het die goed gedra soos soetkoek ‘in my dae’… wat gaan nou aan? Probeer maar ‘n ander paar. Not ‘n hel wil my voet buig om in daai buig in te gaan nie. Ek is 100% seker ons kinders se voete is anders gebou as wat ons sin is of was.

Skierlik wonder ek of ek my plastiek flip-flops met glitter glue kan aanval!

Huistoe na 7 ure se loop in winkels met net ‘n swart broek. Darm ‘n ordentlike ene. Pik swart en netjies, met oulike zips onder langs die kant. Styf. Kon net so wel my gym tights wees. Behalwe nou vir die zippies langs die kant. Dis  seker van oorgeblaaste goud, want die broek was ook nou nie goedkoop nie.

Nou om daai kis vol klere van ouma te gaan soek wat nie bestaan nie… ek hoop my kind se glitter glue is nie te droog nie!

Iemand vra vandag vir my of daar ‘n winkel is wat ek nou nog nie in was nie. Ja, Pepstores en die Chinese ‘one size fit’s all’. Miskien…?

Tuesday 30 October 2012

Wen Pretville se Jonway scooter!

1. Gaan na die Pretville website: http://www.pretville.co.za/
2. Kliek op die scooter!
3. Skryf in!
www.pretville.co.za



Super Storm Sandy - USA

Our thoughts and prayers are with those affected by the super storm Sandy.

Pampoen en Poppiesaad Rolletjies

Pampoen en Poppie Saad rolletjies:

8 Velle fillo deeg
700g pampoen
600g maaskaas
100g poppie sade
4 eiers
100g suiker
150g botter
100ml suurroom
Knypie sout

Rasper pampoen, sprinkel met sout, laat staan vir 20 min.
Dreineer, klad goed droog, meng met maaskaas, poppie saad, suurroom, suiker en geklitste eiers.
Verf elke laag deeg met gesmelte botter, plaas velle liggies bo-op mekaar, smeer vulsel bo-oor. Rol op en verf met nog 'n bietjie botter. Plaas in oond op 'n bakplaat, bak vir 40 min teen 200 grade celsius. Strooi bietjie versiersuiker oor vir die mooi.

Wenk:
Werk net so goed met gister se klaar gaar pampoen.
Ook heerlik om d pampoen met spinasie te vervang!


Sunday 28 October 2012

Raai Raai Riepa! Hoe om in te skryf:


  -->
Wen die heerlike skinder storie resepte boek, van PROE PRETVILLE. "Maar dis nie al nie... in die Proe Pretville resepte boek is ook agter die skerm foto's van die maak van die fliek "Pretville"!



Dis maklik om in te skryf - los net die antwoord in die 'comment' seksie van die blog. Selfs op die ene!

Die vraag is: Waar is ons nou? Pretville is mos besig met internasionale bemarking!

Hier is nog 'n paar leidrade:

1.  Dis 'n land in Oos Europa, maar dit sneeu selde of ooit daar.

2.  Dis nie 'n 'bekende' toeriste bestemming nie.

3.  Die oudeste wingerd op aarde is daar te vinde! (of so beweer hulle)

4.  Hulle beweer ook dat die krui "laventel" oorspronklik van hulle af kom.

5.  Laventel groei sommer wild orals.

6.  Olyfbome groei ook sommer wild orals.

7.  Uitvoer produkte daarvanaf is.. "drumroll"... Laventel en olies, Olywe en olies,

    Roosmaryn en die se olies, en die nie so bekende krui "St John's Wort" en sy

    olies.

8.  Een van die "Wit-Huis" (White-house) se mure is gebou met die "Lime-stone"

    klippe  wat hulle uitgevoer. En as jy vir my kan vertel wat "Lime-stone" in

    Afrikaans is, is jy die "sterretjie vir die week"! 

9.  Daar was 'n oorlog nie lank terug nie, 1991 tot 1995, tussen hulle en die Yugoslav

    People's Army oor besit van die land. (Die Yugoslavians het nie gewen nie!)

10. Die land het 'n klomp klein eilandjies, en die eilandjies behoort almal aan die
      land.

Dis regtig een van die mooiste lande wat ek nog gesien het!

Wednesday 17 October 2012

Moeg? Nie lus vir kosmaak? Hier's die oplossing!

Ek was gisteraand niks lus vir kosmaak nie. Moeg na 'n langdag, maar vrek honger.

Hierdie resep is 'n ander variasie van die een in die Proe Pretville boek, maar die foto is vir die resep in die boek.

Ek het altyd Pita boodjies in my yskas. Wonderlike goed!





VINNIGE PRETVILLE PIZZA Lewer 4 porsies

3 e       olyfolie
2          pitabroodjies
½ k      geblikte tamatiepuree
4 e       uie marmelade
4 - 6     respies spek, in fyn repies gesny
4 e        pesto
4‒8      pikante rissies (Peppadews™), in repies gesny ’n handvol orego
200 g   mozzarellakaas, gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  
1.   Voorverhit die oondrooster en voer ’n bakplaat met foelie uit. oor.
2.   Halveer die pitabroodjies sodat dit 4 sirkels is.
3.   Smeer die pitabroodjies met bietjie van die olyfolie en plaas bo-op die gevoerde bakplaat. Rooster vir 2 minute.
4.   Smeer die tamatiepuree, ui marmelade en pesto oor die ongeroosterde kant van die pitasirkel.
5.   Versprei die pikante rissies en spek eweredig oor al 4 pitasirkels.
6.   Strooi die orego en kaas bo-oor en geur na smaak.
Rooster net voor opdiening tot die kaas gesmelt en goudbruin is.
Sit dadelik voor met 'n lekker groen slaai.

Monday 15 October 2012

Pretville se Pret woodeboek: Definisie v aantreklik: Eddie Elektriek!

Net omdat ek nog so bietjie my verjaarsdag vier deel ek die: Ons almal se 'sonde'.. mooi bly maar mooi en aantreklik bly maar aantreklik. Wat beteken 'aantreklik'..? aan trek lik. trek aan die lik? Definisie van aantreklik volgens die Pretville amptelike Pret woordeboek is: Eddie Elektriek!

Saturday 13 October 2012

Kompetiesie wenk!

Dis nie elke dag 'n ekstra spesiale dag nie.. vandag is so een vir my!  Ek verjaar! En net daarom gee ek 'n ekstra wenk:


Die eerste prentjie is een van hul gunsteling soetgoeters... Ek bring die resep terug na die 24st Okt en sal hom verseker plaas.

Ek gaan links stuur met baie meer wenke in die volgende paar dae.. HOU DOP! ((:

Die volgende prentjie is net nog 'n dorp in die land. Mooi ne?

Thursday 11 October 2012

Raai-raai-riepa! WEN 'n Proe Pretville resepteboek!

Raai-raai-riepa!  

MAAR.. WEES GEDULDIG - 'n paar wenke (tips) sal geplaas word oor die volgende paar dae!

Vraag: Raai waar ek is en wen Pretville se eie Proe Pretville resepteboek!

Die antwoord wat uit Pierre Lukuveer se hoed uitgetrek word en 100% korrek is wen! (dorpnaam en land)
Wenner word 6 Nov aangekondig.
(Reels: beoordeelaar, dis nou ekke daai, se besluit is finaal)
Kompetisie sluit 6 Nov '12)

Eerste wenk:

Dis 'n land in Oos Europa. 




Wednesday 10 October 2012

Pretville op reis! Wereld bemarking

Pretville is mos besig met wereld wye bemarking. Ons reis alweer! Ons skryf 'n wonderlike kompetisie uit wat more begin! Hou fyn dop - in die volgende paar weke word baie wenke geplaas om 'n lekker prys te wen! Ons gaan gereeld 'n kompetisie aanbied, so hou dop! Krismis is om die draai!

Tuesday 9 October 2012

Verfrissende Piekniek koeldrank



-->

Verfrissende Piekniek koeldrank 

 Per glas:

2 blaartjies kruisement (mint)
6 blare basiliekruid
4 – 6 t suiker
 ¼ glasie Lemmetjie sap  (Roses lime)
½ glasie sodawater

Versap alles behalwe die sodawater saam.

Vul glas met fyngekapte ys
Giet versapte vloeitof tot ½ vol
Vul verder met sodawater.

Garneer met ‘n blaartjie en ‘n skyfie lemmietjie sap.

Wenk:  Bedien in 'n mooi glas botteltjie, bind 'n lawwe strik om met 'n kleurvolle strooitjie.

In die fliek!

Monday 8 October 2012

Kry die tissue's! Emo Adams

Hierdie is soos muti vir babalas - net die medisyne vir 'n blou Maandag. Eintlik kan net sy ma lief wees vir hom... maar ai, hy is my all-time-fav! Geniet hom!

Saturday 6 October 2012

Ek deel 'n proeseltjie van die pret op stel... geniet dit!


Friday 5 October 2012

DANKIE almal, en welkom aan al die Amerikaners wat ook volg!

Dankie aan almal wat reeds die Proe Pretville blog volg of besoek, en welkom aan ons Afrikaanse Amerikaners!  Dankie my sus Elmari wat dit so versprei daar doer ver! 

Hierdie is 'n potloot tekening net vir julle!  (dit is ek wat so oulik is ja... ek weet watter knoppies om te druk op Illusttrator CS5)

Dis nou die uwe Paul Kruger. Die man agter 'Liefling die movie' en nou 'Pretville'.

Vit C: Dis darm maar lekkerder as 'n pil!

  -->
Dis darm maar lekkerder as ‘n pil!


Die (RDA)  beveel aan ‘n daaglikse dosis vir volwasse mans van 90mg en volwasse vrouens 75mg.

En raai, lemoene is toe nie nommer 1 op die lys nie!

Guava
½ k bevat 188mg vit C en is maar 56 kal.

Rooi Soetrissie
½ k  bevat 142mg Vit C en…. “drumroll” 20 kal.  ! (:
En sou jy hom gaar maak bevat dieselfde ½ k 116mg Vit C.

Kiwi
1 Medium vrug = 70mg Vit C en is 46 kal.

Lemoen
1 Medium lemoen = 70mg Vit C en is 62 kal.
Sap = ¾ k bevat 61-93mg Vit C, en is 79 – 84 kal.

Groen Soetrissie
½ k = 60mg Vit C en is maar 15 kal. Dieselfde ½ koppie gaar = 51mg Vit C.

Pomelo sap
¾ k = 50 – 70mg Vit C en 71 – 86 kal.

Aarbeie
½ k = 49mg Vit C en is maar 27 kal. Aarbeie is ook gepak met goeie vesel en antioxidante!  Goeie goed.

Brusselse Spruite
Hier is nou vir jou ‘n “super-food”. Gepak met 48g Vit C, 300ug Vit K en net 28 kal. 
Ek sny hulle net in die helfte en braai met uie in 'n spuitsel olyfolie vir 'n paar min. Voeg so knippie of 2 sout by.  Dis darm maar lekker!  OF, sny hulle in kwarte in 'n slaai - proe nes 'n krakerige groen groente. HEERLIK.


Spanspek
¼ medium spanspek = 47mg Vit C en is 51 kal.

Foto's en inligting: http://shine.yahoo.com/shine-food/top-10-sources-vitamin-c-including-3-foods-004700935.html;_ylt=A2KLOzLEpW1QCl0A95yaxAt.

Wednesday 3 October 2012

Pretville se 50's voertuie. Mooiste mooi!

Pretville se mense is baie spesiaal, Pierre Diedericks Sr. is so ‘n man. ‘n Groot man met ‘n groot hart en ‘n groot passie vir ou goed en vir sy mense. Hierdie ongelooflike versameling 50’s voertuie behoort almal aan hom. Hulle kom ook saam met sy eie bestuurders, sy seuns, Pierre Jr. en Jacques. Hy stuur ook vir Kobus wat heeldag en aldag die voertuie reggemaak het, en Quinton en Renier wat sorg dat alles blink en sorgvry verloop het.

Dan was daar natuurlik die ander Pretville karre wat behoort aan Oom Jack, Zeldie se ouma se swart kar, Niki, Johan, Nico, Jan, Cars Forever en Markus. Julle pragtige versamelstukke het ons harte gesteel!



Hier is 'n "Proeseltjie" van die Pretville voertuie. Kom kyk die fliek en verlustig jouself in hulle, in lewende vol lywe!

Hulle is ook natuurlik te siene in Proe Pretville se kookboek!  Bestel hom by www.lapa.co.za, of sommer hier op die spoegblad!  e-pos ons net.

Geroomde Songedroogte Tamatiesop

Geroomde Songedroogte Tamatiesop

2   e            botter
1                 ui, gekap
½   t            droë basiliekruid
1                 blik gekapte tamaties
1                 blik tamatie sop
2   k            songedroogte tamaties in olie, gekap
1                 blokkie vleisaftreksel
1½ k            room
Sout en peper na smaak

Smelt botter in kastrol en soteer uie en kruie tot sag
Voeg oorblywende bestandele, behalwe room, by en verhit tot kookpunt
Prut vir 10 min, roer gereeld
Laat afkoel
Verpulp tot glad
Gooi terug in kastrol, voeg room by en verhit tot kookpunt
Prut teen lae hitte vir 20 min.
Bedien onmiddelik.






Tuesday 2 October 2012

Pretville spog met sy eie kookboek, wat agter-die-skerms geheime, skindernuus, foto's en al die inwonders se heerlike resepte bevat.

'Was Eddie Elektriek se Emily regtig so onskuldig voor sy EN hy weggegaan het?'

'Saam met wie kuier Grieta Geeverniet nou eintlik, en gee sy regtig haar Gouestroop plaatkoekies sommer so weg?'

'Vir wie gee Hennie H..h..h..HAkkel sy prettige skommel?'

Gaan Ouma Sarie haar bo-baas onderste-bo pryswen pruimtert se resep sommer so vir ons gee?

Het Pierre Lukuveer regtig blou-adelike-ge-erfte-bloed? 

Broei daar iets tussen Lollie van die swietie winkel en Kallie Klawers, of is dit dalk Dr Sylvester?

Hoekom is Serah Somers so gewild onder die plaas en dorps-jape? 

Is windgat Frank regtig so 'n nagmerrie onder die ma's en pa's? Kan hulle hul dogters op 'n veilige afstand hou?  Of wen Serah Somers hierdie resies?

Wat gaan regtig op daardie plaas aan? En hoekom is Gerda so skaam vriendelik as sy Oom Frik sien?

Wie-se-olie-bolle nou weer?

Vir al die antwoorde en die heerlike resepte wat die Pretvillers werklik vir ons weggee:

DIE BOEK IS BESKIKBAAR VANAF NOVEMBER 2012, MAAR KAN VOORUIT BESTEL WORD VANAF www.lapa.co.za OF, sommer direk by www.pretville.co.za



Meel: Net goed vir bak en brou?

  -->
Meel:  Net goed vir bak en brou? 

Hier is ‘n paar ander idee’s!

Speel klei:
3 k meel, 1 k water, ¼ k sout, 1-2 t olie, en ‘n paar druppels voedselkleursel. Knie goed deur en speel lekker! Om jou speelding meer permanent te maak: Bak in oond teen 250 ° vir een uur. Kersboom versierings werk goed!

Hou miere weg!
Strooi ‘n dik lyn meel waar miere inkom of uitgaan. Hulle kan nie deur dit ‘klim’ nie!

Vryf staal goed blink:
Met ‘n droeë lap, bietjie meel op die lap, baie elmboog swieg en sweet, en siedaar! Splinter nuut.

Politoer koper:
Meng gelyke dele meel, sout en wit asyn. Smeer die pasta aan jou koper pot, laat droog word, vryf blink.

Natuurlike pesweerder:
Sprinkel meel op pampoen of aartappel plantjies – dit hou goggas weg.

Monday 1 October 2012

Serah se Salm slaai

  -->
Serah Somers se storie


Nou ja, elke dorp het een … jy weet? Daai een wat altyd net alles het. Serah Somers is jonk, pragtig, blond, slim, behulpsaam, oulik, vriendelik, kan mooi sing, wen al wat prys is en het boonop die lyf van ’n godin.

Serah se ma Emily is die eienares van die Diner, en haar twee vriendinne werk ook daar. Kallie Klawers wat almal met sy orkes vermaak in die Stadsaal is die kok.  

Die lyf vat ook maar werk, sal sy jou gou vertel! Hier is een van haar geheime – ’n gesonde ontbyt, elke dag. 





 
-->
Serah Somers se gerookte salm met kruisementjogurt
Lewer 4 porsies

Jogurt
¼ komkommer, gerasper of gekap
1¼ k ongegeurde jogurt
½ rooi soetrissie, ontpit en fyngekap
½ k kruisementblare, gebreek
1k baba pere (geblik)
4 t suurlemoensap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Meng alles saam

Salm
‘n handvol roket- of baba spinasieblare
46 snytjies gerookte salm
ekstra kruisementblare vir garnering
4 snye volkoringbrood, gerooster

1.              Jogurt: Meng alles saam. Geur na smaak met sout en peper.
2.              Rangskik die blare op ’n bord, skep die slaai bo-op en giet jogurt oor of bedien apart.
3.              Rangskik die salm bo-op
4.              Garneer met kruisementblare en sit met roosterbrood en orige jogurt voor.