Thursday 29 November 2012

Wen vir jouself 'n Retro Kersgeskenk! Win yourself a Retro Christmas present!

A lovely box full of goodies, just before Christmas!

'n Heerlike box vol goeters, net voor Kersfees!

 

1 Le Creuset retro tea-pot!

1 ProePretville cookbook!

1 Pretville CD!

How to enter?  Hoe om in te skryf?  .....PAGE DOWN!  SIEN ONDER!



e-mail my sommer - of:

At the bottom of this post is a "comment" box! Enter your e-mail address and a short story of what you plan to do this Christmas.

Competition closes 6 Nov - JUST ONE WEEK!

Onder die inskrywing is 'n "comment" box - Skryf 'n kort storie oor wat jy die Kersfees beplan en jou e-pos adres.

Kompetisie sluit 6 Nov - NET EEN WEEK!


Sunday 25 November 2012

Die lang pad van Proe Pretville




Om 'n kookboek te skryf vat lank.. blerrie lank om eerlik te wees.

Eers was dit die soek van lekker 50's resepte, toe elkeen toets, so 380 van hulle. Dan kies jy so 240, verwerk hulle, gee vir Dieetkundige Nicki de Villiers om 'n oog te gooi en te proe, gee dan vir LAPA wat summier 100 van hulle uitgooi "want hulle is ou-nuus"... terwyl jy snak na jou asem want net jy weet hoeveel tyd het in daai 'weggooi-goed' ingegaan... maak na 3 dae en 20 bottels buchu vir die 'kalmeer' vrede daarmee, en dan loop die oorgeblewe resepte allerhande draaie by taalkundiges en someer, voordat jy uiteindelik by 'n hotel-skool uitkom met 'n kliniese kombuis vol finale jaar chefs, wat binne  4 dae al die resepte maak, proe, toets, en ons moet net bontstaan met die kamera's en dekor!

Gelukkig het van die akteurs van Pretville vinnig uitgevind waar daar elke dag gratis heerlike disse is wat geproe moet word!

Tuesday 20 November 2012

Jou uitnodiging... Your invitation!

Kom kuier asb!  

Please come and visit us!

Phone Emma for more info: Bel asb vir Emma vir meer inligting!  0832831323

Dis soos die weduwee se kruik... ons is oneindig dankbaar en dinge gebeur aanhoudend ... nes die weduwee se kruik wat net nooit leeg loop nie!

Things are happening and it's HOT! (pun intended) But we are very thankful. After a long time of hard work, things are happening!

Pretville begin draai in alle teaters nou Vrydag!  Asb laat weet ons wat jy dink? 

Pretville starts showing in theatre's across the country!  Let us know what you think of it please? 



Proe Pretville behoort die week in boekwinkels te wees! Indien nie, e-pos asb vir Hendriw@lapa.co.za

Proe Pretville will be in bookshops this week! If not, pls mail hendriw@lapa.co.za




Pretville die dorp maak ook Vrydag oop, EN jy kan Pretville IN Pretville se 50"s fliek kom kyk!  Dis regtig spesiaal. Om daar uit te loop en in die 50's Diner in te loop is regtig spesiaal. 


Pretville opens it's door's to you on Friday, and you can come and watch Pretville in Pretville's own 50's theatre! It's wonderful to view the movie, then walk out and into the 50's Diner!


Kom kuier!  Ons wil jou graag wys en hoor wat jy dink van alles!

Come visit!  We really want to show you and hear what you think of it all!

Monday 19 November 2012

Moet asb nie jou goed weggooi nie! Please don't chuck your unwanted goods.!

Ons ondersteun Kindersorg en Phoenix huis (drug rehab)

We support Child  Welfare and Phoenix house (drug rehab)

Asb, ons verkoop alle kwaliteit goeters wat jy wil weggooi wat nog verkoopbaar is, en help hierdie liefdadigheids organisasies!


We sell all your quality unwanted goods you do not want, that can still sell, to help these charities!

Ons sal kom haal! Bel net!  0825573419

We will fetch!  Just phone 0825573419




 Ou skoene, ou goeters, ou potte en panne, ou klere, ou koppies, borde, ou stukkende juwele,
ou ketels, ou komberse, ou lappe, ou tafeldoeke, boekrakke, ou meubels, enige ding wat jy nie meer wil he nie asb?

Goeters moet asb nog verkoopbaar wees? 
 




As jy 'n ander liefdadigheids organisasie verkies, ons sal aan hom ook help met 'n briefie dat jy die skenker is!


 Old shoes, stuff, clothes, pots and pans, cups and plates, kettles and cloth, even broken old jewelery, hats and scarfs, old furniture, bookcases, anything please? 

We must be able to still sell it please? 


Niks is te oud nie, solank dit net heel is? 

Nothing is to old, but must still be in one piece please?

Thursday 15 November 2012

Dit borrel en donder..! It never rains... DIT SOUS!

Ek dog nog ek sal een vir een bekendstel.. en toe gebeur alles amper op een dag!

- Die boek is uit!  (laat weet wat jy dink asb?)

- Die CD is uit!  (selle hier asb?)

- Die FLIEK is uit! (en laat weet ons asb verseker!)

- Preville maak oop! 23 Nov..

- Kom kyk die fliek in Pretville se eie "sinie"! 


En as jy een van hulle nie in jou winkel sien nie, kontak asb onmiddelik vir Hendri van LAPA!  hendriw@lapa.co.za  ... of moun sommer hier! Ons sal plan maak, dis verseker!







Tuesday 13 November 2012

Pretville Hotel onder nuwe bestuur?


 Ja, iemand wil die Pretville Hotel se bestuurder word..
 en, wat almal gedink het van die fliek!

Monday 12 November 2012

Nuwe Liefde Blom by Pretville Premier! (Skinder Nuus!)

hiehiehie..... ek kon dit net nie weerstaan nie!


Die wonderlike mense wat die Pretville fliek versprei, die Premier aangebied het en al die bemarking behartig:

www.indigenousfilm.co.za





Bluenote Events is die event maatskappy wat deur Indigenous Film Distribution aangestel is om die aand te doen. Dit was 'n wonderlike aand!

Hulle tower toe die Kilarney Mall  terug na die 50's toe.

Ongelooflike aand!

Sien baie ander foto's van die Premier op: 


www.bluenoteevents.com

http://www.facebook.com/pages/Blue-Note-Events/137206663019691

Friday 9 November 2012

Glits and Glam by Pretville se Premiere!

Pretville fliek se premiere het gekom en gegaan! 

Skierlik was die "outfit" vergete. Maak nie saak of jy in tekkies opdaag nie, die aand was wonderlik en het gesorg vir 'n hele paar 'wow' oomblikke vir my.



1. Ek het die fliek vir die eerste keer in geheel gesien en kry nog steeds hoendervleis as ek net daaraan dink!  Dit was heerlik/fantasties/feel good.. alles wat lekke is!  Om te dink "my mense" is hiervoor verantwoordelik!  My voete wou nie vir 'n oomblik stil sit nie. Jy kan nie help om saam die musiek te 'tap' nie. En mooi!  Die mooiste stel ooit!  Paul, Linda en Machiel het selfs vir Roeda ore aangesit!  MOET HOM NIE MIS NIE!  Vat jou kinders, ma, ouma, oupa, suur buurman, tannie, oom, almal. Jy sal trots wees en dis gewaarborg dat almal dit sal geniet. Jou kinders gaan dit weer en weer wil sien, en, jy gaan die cd MOET koop! Daai musiek is aansteeklik lekker!



2. en... DRUMROLL.... Ek het my boek vir die heel eerste keer in lewende lywe gesien!  Dit was 'n ander lekker daai. Vir 'n oomblik het alles rondom my net stil geword.. en almal om my het verdwyn. (daar was 700 mense!) Ek het gestaar na die LAPA boekstaander, met my boek op!  Dis mooi. Baie mooi! Ek is trots en tevrede. More vertel ek van die mense wat my gehelp het, want glo my, daai boek kon nie alleen gebeur nie.. meer as 12 maande se swoeg en sweet - en daar staan hy. Ag dit was vir my baie lekker.



3. Die gaste.. mense, is hulle nou almal mooi en vrek oulike mense. Op-ge-dress in hul 50's glam. Daai tyd se modes, hare, grimeering en afronding was darm maar regtigwaar iets om oor huistoe te skryf. Ons in Suid Afrika kan so trots wees op ons "glam mense".  Hulle is plat op die aarde mense. Het altyd 'n oomblik om na jou te luister. Laat JOU spesiaal voel. Ondersteun hulle asb. Hulle gee ons ure-lange eindelose plesier!  Hierdie mense is ongelooflik talentvol.

Dankie aan Pixel Pro vir die mooi foto's! www.pixelpro.co.za





Geniet die solank, ek sal more nog laai!


Sunday 4 November 2012

Kom kuier! Pretville maak oop!

November is DIE maand. 23 ste om presies te wees.

Pretville maak oop vir die publiek! Elke dag, vanaf 08:00 tot 17:00.

Onthou daar is ook 'n fliek (teater) waar jy regtig kan fliek!

Vir meer inligting:      fb.me/vguPl1D4

November is ook die maand vir:

- Die Pretville fliek wat uitkom, ... en..

 - Die Proe Pretville boek sal in bekende boekwinkels te koop wees, of,

bestel hom sommer direk by LAPA      http://www.lapa.co.za/product-view/622/proe_pretville 



 Kom kyk waar werk Jakkie en Jakomien! Dis nou die polisie wat Pretville reg en regverdig hou!