Wednesday 31 October 2012

Die gesoek na die 'regte' outfit...




-->Die gesoek na die regte “outfit”…

Die Pretville Premier is om die draai.. en die tema? 50’s. Hoe dan nou anders.

Ek begin soek. Winkel na winkel loop ek. Aandrokke – nie regtig 50’s nie, maar mens kan seker wegkom as jy ‘n blom of hoed of ding iewers vaswerk. Prys? Ver oor my budget, en ek weier beslis om ‘n plaas se geld te betaal vir ‘n ding wat ek verseker net een keer gaan dra. Ek probeer hulle nie eers aan nie.

Goed, broeke. Lig pienk, lig geel, lig groen… niks regtig “aand” nie. Vir wat het ons nie ‘n tradisie dat die hele familie se klere in ‘n kis vol motbolle gebere word nie? Soos die familie Bybel. Sal baie probleme oplos dis verseker. Dan kan ons ook ‘vintage originals’ en hoog modieus wees!

‘n Plein swart broek sal dit dan wees. Hier kan ek sommer baie verskillende goeters aan vaswerk of vassteek wat hom sommer lekker sal op dollie.

Ok, baadjies. Verwat sit al wat ‘n baadjie is op die breedste deel van jou lyf? Waar is die langer baadjies dan tog?  En dan is die wat net ‘n titsel herinner aan 50’s gemaak met lap wat stok styf staan. Jou arms hang behoorlik soos daai body builders halfmas langs jou lyf. En blink!  EN NOG STEEDS TE KORT! Boonop weereens die prys van ‘n plaas en sommer ‘n trekker ok!

Nee wat, sal maar ‘n  baadjie of ding daar in my kas soek en weereens ‘n blom of ‘n blink ding vasplak of vassteek.

Skoene. Pas toe die eerste paar kleurvolle ‘platforms’ aan. Iewers moet daar darm ‘n “splash of colour” wees sĂȘ my kind. Sommer die een op die rak. Size 8. Dog toe o well, ek is eintlik ‘n 6, maar kom ons tri sommer die. Kry nie eens my groot toon in daai skoen in nie. My voet steek soos ‘n steeks donkie vas en besluit daar is nie ‘n manier nie. Maar ek het die goed gedra soos soetkoek ‘in my dae’… wat gaan nou aan? Probeer maar ‘n ander paar. Not ‘n hel wil my voet buig om in daai buig in te gaan nie. Ek is 100% seker ons kinders se voete is anders gebou as wat ons sin is of was.

Skierlik wonder ek of ek my plastiek flip-flops met glitter glue kan aanval!

Huistoe na 7 ure se loop in winkels met net ‘n swart broek. Darm ‘n ordentlike ene. Pik swart en netjies, met oulike zips onder langs die kant. Styf. Kon net so wel my gym tights wees. Behalwe nou vir die zippies langs die kant. Dis  seker van oorgeblaaste goud, want die broek was ook nou nie goedkoop nie.

Nou om daai kis vol klere van ouma te gaan soek wat nie bestaan nie… ek hoop my kind se glitter glue is nie te droog nie!

Iemand vra vandag vir my of daar ‘n winkel is wat ek nou nog nie in was nie. Ja, Pepstores en die Chinese ‘one size fit’s all’. Miskien…?

No comments:

Post a Comment