Sunday 25 November 2012

Die lang pad van Proe Pretville




Om 'n kookboek te skryf vat lank.. blerrie lank om eerlik te wees.

Eers was dit die soek van lekker 50's resepte, toe elkeen toets, so 380 van hulle. Dan kies jy so 240, verwerk hulle, gee vir Dieetkundige Nicki de Villiers om 'n oog te gooi en te proe, gee dan vir LAPA wat summier 100 van hulle uitgooi "want hulle is ou-nuus"... terwyl jy snak na jou asem want net jy weet hoeveel tyd het in daai 'weggooi-goed' ingegaan... maak na 3 dae en 20 bottels buchu vir die 'kalmeer' vrede daarmee, en dan loop die oorgeblewe resepte allerhande draaie by taalkundiges en someer, voordat jy uiteindelik by 'n hotel-skool uitkom met 'n kliniese kombuis vol finale jaar chefs, wat binne  4 dae al die resepte maak, proe, toets, en ons moet net bontstaan met die kamera's en dekor!

Gelukkig het van die akteurs van Pretville vinnig uitgevind waar daar elke dag gratis heerlike disse is wat geproe moet word!

No comments:

Post a Comment