Friday 9 November 2012

Glits and Glam by Pretville se Premiere!

Pretville fliek se premiere het gekom en gegaan! 

Skierlik was die "outfit" vergete. Maak nie saak of jy in tekkies opdaag nie, die aand was wonderlik en het gesorg vir 'n hele paar 'wow' oomblikke vir my.



1. Ek het die fliek vir die eerste keer in geheel gesien en kry nog steeds hoendervleis as ek net daaraan dink!  Dit was heerlik/fantasties/feel good.. alles wat lekke is!  Om te dink "my mense" is hiervoor verantwoordelik!  My voete wou nie vir 'n oomblik stil sit nie. Jy kan nie help om saam die musiek te 'tap' nie. En mooi!  Die mooiste stel ooit!  Paul, Linda en Machiel het selfs vir Roeda ore aangesit!  MOET HOM NIE MIS NIE!  Vat jou kinders, ma, ouma, oupa, suur buurman, tannie, oom, almal. Jy sal trots wees en dis gewaarborg dat almal dit sal geniet. Jou kinders gaan dit weer en weer wil sien, en, jy gaan die cd MOET koop! Daai musiek is aansteeklik lekker!



2. en... DRUMROLL.... Ek het my boek vir die heel eerste keer in lewende lywe gesien!  Dit was 'n ander lekker daai. Vir 'n oomblik het alles rondom my net stil geword.. en almal om my het verdwyn. (daar was 700 mense!) Ek het gestaar na die LAPA boekstaander, met my boek op!  Dis mooi. Baie mooi! Ek is trots en tevrede. More vertel ek van die mense wat my gehelp het, want glo my, daai boek kon nie alleen gebeur nie.. meer as 12 maande se swoeg en sweet - en daar staan hy. Ag dit was vir my baie lekker.



3. Die gaste.. mense, is hulle nou almal mooi en vrek oulike mense. Op-ge-dress in hul 50's glam. Daai tyd se modes, hare, grimeering en afronding was darm maar regtigwaar iets om oor huistoe te skryf. Ons in Suid Afrika kan so trots wees op ons "glam mense".  Hulle is plat op die aarde mense. Het altyd 'n oomblik om na jou te luister. Laat JOU spesiaal voel. Ondersteun hulle asb. Hulle gee ons ure-lange eindelose plesier!  Hierdie mense is ongelooflik talentvol.

Dankie aan Pixel Pro vir die mooi foto's! www.pixelpro.co.za





Geniet die solank, ek sal more nog laai!


No comments:

Post a Comment