Tuesday 2 October 2012

Meel: Net goed vir bak en brou?

  -->
Meel:  Net goed vir bak en brou? 

Hier is ‘n paar ander idee’s!

Speel klei:
3 k meel, 1 k water, ¼ k sout, 1-2 t olie, en ‘n paar druppels voedselkleursel. Knie goed deur en speel lekker! Om jou speelding meer permanent te maak: Bak in oond teen 250 ° vir een uur. Kersboom versierings werk goed!

Hou miere weg!
Strooi ‘n dik lyn meel waar miere inkom of uitgaan. Hulle kan nie deur dit ‘klim’ nie!

Vryf staal goed blink:
Met ‘n droeĆ« lap, bietjie meel op die lap, baie elmboog swieg en sweet, en siedaar! Splinter nuut.

Politoer koper:
Meng gelyke dele meel, sout en wit asyn. Smeer die pasta aan jou koper pot, laat droog word, vryf blink.

Natuurlike pesweerder:
Sprinkel meel op pampoen of aartappel plantjies – dit hou goggas weg.

1 comment:

  1. Groot opgewondenheid kan nie wag om n hele
    sommer n hele pasr boeke te koop nie.
    Lekker resepte en oulike lees stof. Wel gedaan
    Hierdie is n wenner. So trots op jou my sus.

    ReplyDelete